Aftercare / Nasorg

AFTERCARE

Information for 2019

Cell phone number: 072 657 5383

HOURS

Monday – Thursday:

The aftercare will be available from 12:45 for Grade R – 2 learners and from 14:00 for Grade 3 – 7 learners.

Fridays:

The aftercare will be available from 12:45 for Grade R – 3 learners and from 13:30 for Grade 4 – 7 learners.

The aftercare closes promptly at 18:00 

 

AFTERNOON PROGRAMME                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                            

The children will be collected at their classes by the aftercare teachers who take responsibility for the afternoons.

 

LUNCH TIME

All the children are taken to the dining area at 14:10 where a nutritious lunch will be served. Adele Grobbelaar from Adele’s Catering will supply lunch on Monday – Thursday. On Friday a light lunch in the form of pizza, hot dogs, etc. will be served. NO INDIVIDUAL FOOD PREFERENCES ARE CATERED FOR. 

 

HOMEWORK

This facility is for all aftercare learners and available from Mondays to Thursdays. It is managed by qualified teachers in allocated classrooms.  The aftercare teacher will accompany her group to the allocated classroom. The homework class for Grade R – 2 learners will take place between 13:00 – 14:00. The homework class for Grade 3 – 7 learners will take place between 14:30 – 15:30. If a Grade R – 2 learner missed their homework class due to sport or extramural activities, they can attend the Grade 3 – 7 homework class. There will be no homework classes on Fridays. The learners will do various interesting activities under supervision of the aftercare teacher.

 

Homework remains the responsibility of the parent. Please sign the homework off daily.   The aftercare teachers assist in completing homework as far as possible.   Extra-mural activities leave us with much less time to finish homework.  If a learner needs to go to a sport practice, then the homework responsibility becomes that of the learner and the parent.

 

NB: Learners that require additional assistance or often take longer to complete tasks will probably not complete everything in these allocated homework time slots. A limited amount of individual assistance can be given.  No remedial assistance is provided.   Preparation for tests and exams will not be completed sufficiently if the learner requires a lot of repetition in order to prepare for these.

 

REFRESHMENTS

The learners enjoy fruit, cookies and juice late afternoon. They play free under supervision afterwards till being collected and signed out by their parents.

 

CLOTHING

The learners must please change their school uniform in order to maintain them and to have a more relaxed afternoon after a long day at school. All clothes must have name tags.   Please send an extra bag for these clothes.

 

END OF DAY

Learners must be signed out by their parents when they are collected.   Please inform the school when your child will be collected and signed out by anyone else but yourself.   Your child’s safety is of utmost importance.  Every child must always be accompanied by a responsible and trustworthy adult.

Parents must phone the aftercare number when they arrive to collect their child. The aftercare teacher will then accompany the learner to the gate.

The aftercare number will be confirmed at the start of Term 1.

A fine of R10,00 for every minute after 18h00 will be charged if the child is fetched after 18h00.

 

TOYS

Toys are only allowed during school holidays – at own risk.  No electronic devices, tablets, cell phones, PSP’s or Playstations are allowed at the aftercare during the term or during the school holidays.

 

HOLIDAYS

During school holidays the aftercare services will only be available of there are more than 10 learners interested in attending. The cost will be R50 per day. A letter will be handed out to inform parents about the holiday programme. The same meal arrangements apply during the holidays. Please pack in a healthy breakfast and extra snacks for the day. Weekends and Public Holidays are excluded.

 

DISCIPLINE AND ORDER

Impeccable behaviour is expected at the aftercare. All incidents will be written into the Incident File. The aftercare teacher will immediately inform parents in case of misbehaviour. Your child will also receive a letter of warning that must be signed and returned by you. Serious offences and continued misbehaviour will be referred to the principal – Mrs Gibson – who has the authority to decide about immediate suspension or the child’s future at the aftercare, with no implication w.r.t. refunding of aftercare fees. We believe in mutual respect and fair treatment.  We do need your support in raising your child.

 

EMERGENCIES AND CONTACT WITH THE PARENTS

It is very important to have your most recent details. This is the parents’ responsibility.   A basic emergency kit is at hand daily. Parents will immediately be contacted in case of a sick or injured child. Any medicine must be handed over to the aftercare teacher by the class teacher.

 

AFTERCARE FEES

Option 1 (12:45 – 15:30): R 1000,00 per learner per month, payable over 11 months, from January to November 2019.

Option 2 (12:45/14:00 – 18:00): R 1200,00 per learner per month, payable over 11 months, from January to November 1 2019.

Fees are always payable in advance and due by NO LATER THAN the 1st day of every month, regardless of whether this date falls on a weekend, public holiday or during the school holidays.

Parents must ensure that their school accounts are always up to date and understand that if their aftercare account is unpaid on any occasion then their child may not attend Vergezicht Aftercare until all outstanding payments have been made.

In the case of late payment, regarding the dates as set out above, a fine of R50,00 per day will be levied, which will need to be paid together with the outstanding payment for the said month in order to allow resuming aftercare attendance.

 

FIRST AFTERCARE DAY – 10 JANUARY 2019

 

NASORG

Inligtingstuk vir 2019

 

URE

Maandag – Donderdag:

Die nasorg sal beskikbaar wees vandaf 12:45 vir Graad R – 2 leerders en vanaf 14:00 vir Graad 3 – 7 leerders.

Vrydag:

Op Vrydae is die nasorg beskikbaar vanaf 12:45 vir Graad R – 3 leerders en vanaf 13:30 vir Graad 4 – 7 leerders.

Die nasorg sluit stiptelik om 18:00

 

MIDDAGPROGRAM

Sodra die skool uitkom, ontvang die nasorgonderwysers die kinders by hul klasse en is namiddae verantwoordelik vir hulle.

 

ETENSTYD

Al die kinders word om 14:10 na die eetlokaal vergesel waar ‘n voedsame en vullende ete bedien word. Adele Grobbelaar van Adele’s Catering sal van Maandag – Donderdag middagete verskaf. Op Vrydae sal ‘n ligte middagete in die vorm van pizza, worsbroodjies ens. bedien word. GEEN KOSVOORKEURE WORD GEAKKOMMODEER NIE.

 

HUISWERKTYD

Hierdie fasiliteit is Maandae tot Donderdae vir alle nasorgleerders beskikbaar en word deur gekwalifiseerde onderwysers in toegekende lokale aangebied.  Die huiswerkklas vir Graad R – 2 leerders word tussen 13:00 – 14:00 aangebied. Graad 3 – 7 leerders se huiswerkklas is tussen 14:30 -15:30. Indien ‘n Graad R – 2 leerder sy/haar huiswerkklas gemis het a.g.v. sport of buitemuurse aktiwiteite kan hulle die Graad 3 – 7 huiswerkklas bywoon. Geen huiswerkklasse word op Vrydae aangebied nie.   Die leerder doen verskeie interessante aktiwiteite onder toesig van die nasorgonderwyser.

 

Huiswerk bly die ouer se verantwoordelikheid.  Gaan dit asseblief daagliks na.   Die nasorgonderwysers bied bystand sodat  huiswerk so ver moontlik afgehandel kan word. Indien u kind ‘n sportaktiwiteit moet bywoon, word huiswerk die verantwoordelikheid van die leerder en ouer.

 

LW:  Leerders wat meer ondersteuning nodig het en langer neem om take te voltooi, sal nie alles in die toegekende tyd kan voltooi nie. Individuele hulp word slegs in ‘n geringe mate voorsien.  Geen remediërende hulp word voorsien nie. Voorbereiding vir toetse en eksamen sal nie ten volle gedoen kan word as die leerder baie herhaling t.o.v. voorbereiding nodig het nie.

 

VERSNAPERINGSTYD

Die leerders geniet laatmiddag vrugte, koekies en sap. Daarna speel hulle onder toesig totdat die ouers  hulle kom haal en uitteken.

 

KLEREDRAG

Die leerders se skoolklere verniel.   Ontspanningsdrag is gemakliker na ‘n lang skooldag.   Merk asseblief alle klere en stuur ‘n sak vir die ekstra klere.

 

DAGEINDE

Leerders moet deur hul ouers uitgeteken word wanneer hulle afgehaal word in die middae.   Tref asseblief reëlings met die nasorgbestuurder indien u nie self u kind kan kom haal en uitteken nie.  U kind se veiligheid is ons prioriteit.   Elke kind moet altyd deur ‘n verantwoordelike en betroubare  volwassene vergesel word.

Ouers moet die nasorg se nommer skakel wanneer hulle arriveer om hulle kind te kom haal. Die nasorgonderwyseres sal dan die leerder tot by die hek vergesel.

 

Die nasorg se nommer sal aan die begin van Kwartaal 1 bevestig word.

‘n Boete van R10,00 vir elke minuut na 18h00 sal gehef word indien die kind na 18h00 gehaal word.

 

SPEELGOED

Speelgoed word slegs gedurende vakansietye – op eie risiko, toegelaat.   Geen elektroniese apparate, tablette, PSP’s of  Playstations word by die nasorg toegelaat gedurende die kwartaal of gedurende vakansies nie.

 

VAKANSIES

Gedurende skoolvakansies sal die nasorg slegs beskikbaar wees indien daar meer as 10 leerders is wat belangstel om nasorg by te woon. Die koste beloop R50 per dag. Daar sal voor elke vakansie ‘n brief met vakansiereëlings uitgegee word. Dieselfde etes, soos gedurende die kwartaal, word bedien. Pak asseblief ‘n gesonde ontbyt en versnaperinge vir die dag in. Naweke en Openbare Vakansiedae is uitgesluit.

 

DISSIPLINE EN ORDE

Onberispelike gedrag word by die nasorg  verwag.  Alle insidente sal in die Insidente Lêer aangeteken word. Die nasorgonderwyseres sal ouers dadelik inlig wanneer wangedrag voorkom.  U kind sal ook ‘n waarskuwingsbrief ontvang wat deur u geteken en terugbesorg moet word.  Ernstige oortredings en wangedrag wat voortduur, word verwys  na die skoolhoof – Mev. Gibson – wat die reg voorbehou om die spesifieke leerder summier te ontslaan of om oor sy toekoms by die nasorg te besluit met geen implikasie om  nasorggeld terug te betaal nie. Die nasorg glo in wedersydse respek en regverdige behandeling.  Ons maak staat op u ondersteuning t.o.v. u kind se opvoeding.

 

NOODGEVALLE EN KONTAK MET OUERS

Dit is baie belangrik dat ons oor u mees onlangse besonderhede beskik.   Dit bly u verantwoordelikheid.  Daar is daagliks ‘n basiese noodhulptas byderhand.  Ouers word onmiddellik gekontak indien die leerder siek of beseer is.  Medikasie wat van die huis af kom, moet deur die klasonderwysers aan die nasorgonderwyser oorhandig  word.

   

NASORGFOOIE

Opsie 1 (12:45 – 15:30): R 1000,00 per leerder per maand, betaalbaar oor 11 maande, vanaf Januarie tot November 2019.

Opsie 2 (12:45/14:00 – 18:00): R 1200,00 per leerder per maand, betaalbaar oor 11 maande, vanaf Januarie tot November 2019.

Fooie is altyd vooruit betaalbaar teen die 1ste dag van elke maande, ongeag of die dag val op ‘n naweek, openbare vakansiedag of tydens skoolvakansies.

Ouers moet onderneem dat hul volle skoolrekening ten alle tye volledig vereffen sal wees en moet verstaan dat indien hul nasorgrekening enigsins uitstaande is, die leerder nie toegelaat sal word om die nasorgfasiliteit by te woon totdat die skoolrekening weer ten volle op datum gebring word nie.

In die geval van laat betalings, met verwysing na bostaande datums, sal daar boetegelde van R50,00 per dag gehef word, wat dan saam met die uitstaande betaling vereffen sal word om hertoelating tot nasorg te bekom.

 

EERSTE NASORGDAG – 10 JANUARIE 2019