By Vergezicht Privaatskool moet ons seker maak ons leerders voel tuis in ons klaskamers, want dan is hulle ontspanne en gelukkig.
- Ons het ‘n gemiddelde van 11 kinders per klas.
- Daar is baie individuele aandag
- Die daaglikse hoogs-voorspelbare struktuur laat kinders emosioneel veilig voel.
- Die gebruik van ‘n skootrekenaar of tablet word toegelaat in gevalle waar gebrekkige fynmotoriek dalk die kind se optimale funksionering mag benadeel.
- Indien ‘n kind beter kan funksioneer met die hulp van ‘n fasiliteerder, word dit aangemoedig.